Luister na die preek oor die Konstitusie
Die Konstitusie van
Clarion Call Christian Fellowship
Definisies
Die “Gemeente”
Die “Gemeente” is Clarion Call Christian Fellowship, ‘n vrywillige assosiasie met regspersoonlikheid hierin verteenwoordig deur die Beheerraad.
Die “Senior Pastoor”
Die Senior Pastoor is die Geestelike Leier van die Gemeente.
Die “Beheerraad”
Die Beheerraad wat bestaan uit die Senior Pastoor, geordende pastore, en lidmate wat behoorlik saamgestel is as lede van die Beheerraad, soos in hierdie Konstitusie bepaal.
Die “Finansiële raad”
Die Finansiële Raad wat bestaan uit Lidmate wat behoorlik saamgestel is as lede van die Finansiële Raad.
Die “Ouderlingraad”
Die Ouderlingraad wat bestaan uit Lidmate wat behoorlik saamgestel is as lede van die Ouderlingraad.
Die “Lidmaat”
Daardie persoon wat die Gemeente Lidmaatskap proses deurloop, die Gemeente se Belydenis van Geloof onderteken het en aan die Gemeente voorgestel is as Lidmaat.
Kerklike regering en beginsels
Naam
Die Gemeente sal bekend staan as Clarion Call Christian Fellowship
Tydsduur
Die gemeente sal ad infinitum bly voortbestaan
Doel
Die Gemeente is georganiseer om uitsluitlik te funksioneer vir die doeleindes van die Christelike Godsdiens, barmhartigheid, opvoedkunde, mensliewendheid en welwillendheid.
Doelstellings
- Om die Gemeente onder leiding van die Here Jesus Christus en die Heilige Gees, met inagneming van al die voorskrifte en bepalings soos opgeteken in die Bybel aan te voer.
- Om n leerstelling, dissipline en aanbiddingswyse ooreenkomstig die Belydenis van Geloof soos omskryf in Afdeling D van hierdie Konstitusie, te onderhou.
- Om gereelde byeenkomste te hou onderhewig aan Doelstelling 6 vir lidmate, besoekers en die gemeenskap.
- Om Lidmaatskap van die Gemeente te onderrig soos voorgeskryf in hierdie Konstitusie.
- Om die Evangelie van Jesus Christus te verkondig deur byeenkomste, konferensies, uitreikings, oudiovisueel materiaal asook die vestiging van Gemeente literatuur.
- Om voedsel, klerasie en ander noodsaaklikhede aan die minderbevoorregtes te voorsien en om fondse te genereer vir die bevordering hiervan
- Om Sendingwerk te doen en ook te ondersteun.
- Om samewerking met soortgelyke organisasies te bevorder en aan te moedig om sodoende eenheid in die Kerk en Liggaam van Jesus Christus te bevorder.
- Om ander gemeentes te help vestig of self te vestig.
- Om deur betrokkenheid inspraak te lewer ten opsigte van morele standaarde vir die opheffing en bevordering van die gemeenskap.
- Om kinder- en jeug bediening te vestig vir die geestelike opvoeding van die kinders en jeug.
- Om fondse in te samel en te gebruik vir die bevordering van hierdie Gemeente se doelstellings.
- Die vestiging en of bestuur van enige aksies of aktiwiteite wat nodig mag wees vir die bevordering van bg doelstellings
Struktuur
- Beheerraad
Die Gemeente sal funksioneer deur ‘n Beheerraad bestaande uit die Senior Pastoor, Voorsitter van die Ouderlingraad en die Voorsitter van die Finansiële Raad, saamgestel in ooreenstemming met die voorskrifte vervat in hierdie Konstitusie. Die Beheerraad is die hoogste vorm van strukturele gesag en aanspreeklik om die Gemeente ooreenkomstig die voorskrifte vervat in hierdie Konstitusie, te lei en te rig.
Die Beheerraad (Dagbestuur/ Ouderlinge) van Clarion Call Gemeente ten tye van Januarie 2020 bestaan uit die volgende vier (4) persone:- Simon Padley Morrison
- Louis Vorster Steyn
- Coenraad Breytenbach Loock
- Dawid Schalk van Heerden
- Ander rade
Die Beheerraad kan ook ander funksionele hulp-, aksies- en adviesrade asook komitees kies en saamstel na gelang van en soos behoeftes mag ontstaan. - Aanstellings
Die Beheerraad stel pastore,ouderlinge en leiers met betrekking tot die vyfvoudige- en ander bedienings aan om die Senior Pastoor te ondersteun in die uitvoering van Pastorale en / of Geestelike funksies van die Gemeente. - Gemeente liggaam
Daar is ook n liggaam van lidmate van die Gemeente saamgestel soos in hierdie Konstitusie voorgeskryf.
Regstatus van die Gemeente
Clarion Call Christian Fellowship is ‘n vrywillige assosiasie met regspersoonlikheid en met ewigdurende opvolgingsreg wat onafhanklik van die wisseling van lidmate bly voortbestaan en wat hierin verteenwoordig word deur die Beheerraad.
Die Gemeente
- Is ‘n onafhanklike regspersoon wat onderskeibaar is van die kerk en/of sy lidmate.
- Is geregtig om onroerende eiendomme, bates en fondse wat onderskeibaar is van die kerk en/of sy lede te hou en te besit en eienaar daarvan te word.
- Is geregtig om regte, verpligtinge, voorregte, magte, skulde wat onderskeibaar is van die kerk en/of sy lede te bekom en is geregtig om regsaksie in sy eie naam in te stel of te verdedig.
- Is geregtig om regstransaksies van watter aard ook al in sy eie naam aan te gaan.
- Is geregtig om eiendom te bekom of te verkoop of te belas en op enige wyse met eiendom te handel.
- Is geregtig om, deur die Beheerraad, persone aan te stel as werknemers van die Gemeente, wat insluit die roeping en aanstelling van ‘n pastoor of pastore, soos bepaal in hierdie konstitusie.
Spesiale Voorwaardes
5. Sonder Winsoogmerk
Die Gemeente word sonder winsoogmerk en sonder verdeling van bates en winste bestuur.
6. Inkomste en Eiendom
Die inkomste en eiendom van die Gemeente, uit welke bron ook al verkry, word uitsluitlik aangewend vir die bevordering van die missie en doelstellings en geen gedeelte daarvan mag regstreeks of onregstreeks by wyse van dividend, bonus of andersins dan ook, aan die lidmate van die Gemeente betaal of oorgemaak word nie, met dien verstande dat niks wat hierin bepaal is, die betaling te goeder trou belet van redelike besoldiging van ‘n beampte of diensnemer van die Gemeente of aan ‘n lidmaat daarvan vir dienste werklik aan die Gemeente gelewer nie.
7. Ontbinding
By ontbinding van die Gemeente word die bates van die Gemeente wat oorbly na voldoening aan al die Gemeente se verpligtinge as volg verdeel;
1) Die Beheerraad sal die lidmate van die Gemeente byeenroep vir ‘n spesiale vergadering en die Gemeente sal dan, by meerderheidsbesluit ‘n besluit neem wat met die balans van die bates sal gebeur en hoe dit toebedeel sal word;
2)Indien die lidmate van die Gemeente nie tot ‘n besluit kan kom oor die verdeling van die bates nie, sal die balans van die bates oorgemaak word aan ‘n ander Christelike godsdienstige liefdadigheid- of opvoedkundige inrigting wat soortgelyk is aan die Gemeente se doelstellings wat deur die lidmate van die Gemeente by of voor sy ontbinding of as hulle versuim om dit te doen, deur die Hof aangewys word.
8. Bevoordeelde Organisasies
Die Christelike godsdienstige, liefdadigheid- of opvoedkundige inrigtings wat bevoordeel word soos beskryf in klousule 9, moet ook binne die Republiek van Suid Afrika wees en vrygestel wees van Inkomstebelasting in terme van Artikel 10(1)(f) van die Inkomstebelastingwet.
9. Beleggings
Fondse beskikbaar vir belegging mag slegs belê word by geregistreerde finansiële instellings, soos omskryf in Artikel 1 van die Wet op Finansiële Instellings (Belegging van Fondse) 1984 en in aandele wat op ‘n gelisensieerde effektebeurs soos in die Wet op Beheer van Effektebeurse, Wet no 1van 1985 omskryf, genoteer is.
10. Monetêre en fiskale beleid
Die aktiwiteite van hierdie Gemeente om Christelike godsdiens te bevorder sal wêreldwyd gedoen word onderworpe aan monetêre en fiskale beleid.
11. Bedryf van Besigheid
Die Gemeente sal geen besigheid bedryf nie, wat onder andere gewone handelsaktiwiteite, spekulatiewe transaksies van enige aard, asook die sistematiese verhuring van eiendom insluit.
12. Aandele en Lenings
Die Gemeente sal geen aandele verkry in (behalwe op ‘n wyse soos in klousule 10 beskryf) en geen lenings maak aan ‘n private maatskappy nie.
13. Skenkings van aandele
Indien aandele (uitgesonderd soos in klousule 9 vermeld) aan die Gemeente bemaak of geskenk word, kan die aandele gehou word.
14. Wegbreek van groep lidmate
Indien ‘n groep lidmate sou besluit om van die Gemeente af weg te breek, sal alle bates (insluitende roerende en onroerende), die eiendom van die Gemeente bly.
Outonomie
15. Oopstel vir inspraak deur eksterne entiteite
Die Gemeente stel dit duidelik dat die interne aangestelde leierskap van die Gemeente hulleself oopstel vir wyse raad en inspraak van n eksterne groep van vaders en leiers in die wyer Liggaam van Christus en hulle ook aan sodanige leiers ondergeskik stel, indien daar ‘n dispuut of konflik sou ontstaan en indien die Beheerraad besluit dat sodanige eksterne leiers en vaders sodanige dispuut of konflik moet beredder.
16. Gemeente posisie
Die Gemeente sal hulle gevolglik ondergeskik stel aan hierdie oorsigtelike groep leiers op grond van ‘n wedersydse verhoudingsgrondslag en solank as wat sodanige verhoudingsgrondslag bestaan ten tye van enige dispuut of konflik in die Gemeente en soos deur die Beheerraad bepaal.
17. Eksterne entiteite
Die groep persone bestaan ten tye van die opstel van hierdie konstitusie, uit die volgende persone:
- Emslie Wilmot (Josh Gen Church, Mosselbaai)
- Louis Reyneke (Tekia Gemeente, Pretoria)
- Tiaan Gildenhuys (Outoriteit in Christus Bedieninge, Pretoria)
18. Dispute en konflikhantering
Die Beheerraad sal bevoeg wees om ten tye van sodanige konflik of dispuut in die Gemeente een of meer van sodanige bogenoemde persone in 11, te nader vir hulp, raad of bystand en die Beheerraad sal geregtig wees om ander leiers en vaders in die wyer Liggaam van Christus te nader vir wyse raad en inspraak indien daar ‘n dispuut of konflik ontstaan in die Gemeente.
Wysigings
Hierdie Konstitusie of enige gedeelte daarvan kan slegs gewysig of herroep word by wyse van ‘n besluit wat geneem is op ‘n Algemene Gemeente Jaarvergadering van die Lidmate van die Gemeente of tydens ‘n Spesiale Vergadering saamgeroep vir hierdie doel.
Die vergadering sal byeengeroep en gekonstitueer word op die wyse voorgeskryf deur hierdie Konstitusie.
Die Senior Pastoor sal as voorsitter optree en die vergadering lei.
Die wysigings word goedgekeur deur ‘n twee-derde meerderheid van Lidmate teenwoordig en die voorsitter het die beslissende stem.
Enige wysigings van hierdie Konstitusie moet aan die Kommissaris van Binnelandse Inkomste voorgelê word. Wysigings aan 5 en 12 moet nie enige klousule van 22 weerspreek nie. Kennis moet geneem word van die in 22.
Die Statute
Die Senior Pastoor
19. Amp
Die Senior Pastoor is die Geestelike Leier van die Gemeente. Die Senior Pastoor sal in hierdie amp funksioneer tot by sy dood, aftrede en/of vrywillige afstand.
20. Senior Pastoor se hoof funksies
21. Die Gemeente Byeenkomste op Sondae
22. Die verkondiging van die Woord van God, die Evangelie van Jesus Christus en die bediening van die Gemeente.
23. Vermoede tot Onbekwaamheid
24. Indien daar enige redelike gronde van vermoede bestaan van onbekwaamheid, mediese ongeskiktheid, uiterste graad van onordelike wangedrag en/of deelneming in praktyke genoem in Gal 5 : 19 – 21, deur die Senior Pastoor, sal die Beheerraad ‘n spesiale vergadering belê om die vermoede te ondersoek deur die volgende prosedure te volg:
25. Die Senior Pastoor bly in sy amp funksioneer, of kan tydelik van sy amp onthef word tot die finale beslissing bereik en uitgebring word.
26. ‘n Spesiale Komitee sal binne 30 (dertig) kalenderdae saamgestel word deur die oorblywende Beheerraadlede en sal bestaan uit verkose lede van die Ouderlingraad asook Lidmate van die Gemeente wat voldoen aan die Bybelse voorskrifte vir Ouderlinge (1 Tim 3: 1 – 7) en soos hierna bepaal, om die saak te ondersoek en getuienis aan te hoor. Alle bevindinge moet aan die Beheerraad voorgelê word vir bestudering om die finale beslissing uit te bring. Die Spesiale Komitee sal as volg saamgestel word;
27. Die Senior Pastoor en die Beheerraad benoem elk ‘n onpartydige komiteelid.
28. Die twee benoemde komiteelede benoem ‘n derde onpartydige Komiteelid wat ook sal optree as Voorsitter van die Spesiale Komitee.
29. Die partye sal nie geregtig wees op regsverteenwoordiging nie.
30. Indien enige van die partye in gebreke sou bly om binne 30 (dertig) kalenderdae ‘n komiteelid aan te wys, kan die party wat n komiteelid benoem het, na 7 (sewe) dae skriftelike kennisgewing, aan die party wat in gebreke gebly het om ‘n komiteelid te benoem, ‘n komiteelid namens die party benoem.
31. Wanneer daar tydens die finalisering van die voorlegging van die Spesiale Komitee bevind word dat die Senior Pastoor nie aan die voorskrifte, standaarde of pligte van hierdie amp voldoen nie, of onbevoeg of onwillig is om in hierdie amp te dien, kan die Beheerraad die Senior Pastoor onthef van sy amp ooreenkomstig die voorskrifte, standaarde, pligte of enige kontrak of ooreenkoms aangegaan deur hom met die Gemeente.
32. Enige besluit om die Senior Pastoor te onthef van sy amp, moet die Beheerraad se besluit eenparig wees asook ‘n 75% stem van die Ouderlingraad.
33. Indien die senior pastoor onthef word uit sy amp soos in 13 bepaal, sal die senior pastoor geregtig wees om appèl aan te teken teen sodanige besluit, welke appèl hanteer sal word deur een van die Gemeentes, soos deur die Beheerraad bepaal, soos uiteengesit in 11 van hierdie konstitusie
34. Die Lidmate van die Gemeente sal dan 14 (veertien) dae hê om die nominasie van nuwe Senior Pastoor te opponeer. Sodanige beswaar met redes moet skriftelik aan die Beheerraad voorgelê word. Indien geen beswaar ingedien is nie sal die nuwe Senior Pastoor aangestel word in sy amp.
Die Beheerraad
35. Samestelling
Die Beheerraad bestaan uit
36. Die Senior Pastoor
37. Geordende Pastore
38. Voorsitter van die Ouderlingraad
39. Voorsitter van die Finansiële Raad
40. Een lid van die Ouderlingraad
soos saamgestel ooreenkomstig die bepalings van hierdie Konstitusie en sal bekend staan as die Beheerraad van hierdie Gemeente.
41. Minimum Lede
Die Beheerraad sal nie uit minder as 4 (vier) lede bestaan nie.
42. Verantwoordelikhede
Die doel van die Beheerraad is om die Senior Pastoor by te staan in die bereiking van die Doel en Doelstellings, asook om hom te ondersteun in die uitvoering van die voorskrifte soos vervat in hierdie Konstitusie, en ook om hom te adviseer rakende verbandhoudende sake van hierdie Gemeente.
43. Aanstelling van Beheerraadlede
44. Die Beheerraadlede sal deur die Senior Pastoor genomineer en hulle aanstelling sal deur die Lidmate van die Gemeente bekragtig word op ‘n Spesiale Gemeente Vergadering wat vir die doel saamgeroep is, of tydens die Algemene Gemeente Jaarvergadering. Die aanstelling moet voldoen aan al die vereistes van hierdie Konstitusie van die Gemeente.
45. Indien enige van die vakatures op die Beheerraad om watter rede ookal vakant word, sal die oorblywende Beheerraadlede as Beheerraad van die Gemeente funksioneer en indien nodig, kan ander lede tydelik gekoöpteer word tot die volgende Algemene Gemeente Jaarvergadering of Spesiale Gemeente vergadering vir hierdie doel belê, om die vakature op die Beheerraad te vul ooreenkomstig die vereistes van hierdie Konstitusie van die Gemeente.
46. Die aanstelling van die Beheerraadlede sal amptelik op skrif aan hulle individueel bevestig word, vir ‘n periode van een jaar op die Beheerraad. Genoemde tydperke is egter onderhewig aan die skedulering en realisering van die Algemene Gemeente Jaarvergadering.
47.
48. Ontheffing van Beheerraadlede
49. Indien daar enige redelike gronde van vermoede bestaan van deelneming in praktyke genoem in Gal 5: 19 – 21, onbekwaamheid, uiterste graad van onordelike wangedrag, insolvensie en/of mediese ongeskiktheid, of om welke rede ookal, sal die Beheerraad n Spesiale Vergadering belê om die vermoede te ondersoek deur die volgende prosedure te volg;
50. Die betrokke Beheerraadslid bly in sy amp funksioneer, of kan tydelik van sy amp onthef word tot die finale beslissing bereik en uitgebring word.
51. ‘n Spesiale Komitee sal binne 30 (dertig) kalenderdae saamgestel word deur die oorblywende Beheerraadlede en sal bestaan uit verkose lede van die Ouderlingraad asook Lidmate van die Gemeente wat voldoen aan die Bybelse voorskrifte vir Ouderlinge (1 Tim 3: 1 – 7) en soos hierna bepaal, om die saak te ondersoek en getuienis aan te hoor. Alle bevindinge moet aan die Beheerraad voorgelê word vir bestudering om die finale beslissing uit te bring. Die Spesiale Komitee sal as volg saamgestel word;
52. Die betrokke Beheerraadslid en die Beheerraad benoem elk ‘n onpartydige komiteelid.
53. Die twee benoemde komiteelede benoem hierna ‘n derde onpartydige Komiteelid wat ook sal optree as Voorsitter van die Spesiale Komitee.
54. Die partye sal nie geregtig wees op regsverteenwoordiging nie.
55. Indien enige van die partye in gebreke sou bly om binne 30 (dertig) kalenderdae ‘n komiteelid aan te wys, kan die party wat n komiteelid benoem het, na 7 (sewe) dae skriftelike kennisgewing, aan die party wat in gebreke gebly het om ‘n komiteelid te benoem, ‘n komiteelid namens die party benoem.
56. Wanneer daar tydens die finalisering van die voorlegging van die Spesiale Komitee bevind word dat die betrokke Beheerraadslid nie aan die voorskrifte, standaarde of pligte van hierdie amp voldoen nie, of onbevoeg of onwillig is om in hierdie amp te dien, kan die Beheerraad die betrokke Beheerraadslid onthef van sy amp ooreenkomstig die voorskrifte,standaarde,pligte of enige kontrak of ooreenkoms aangegaan deur hom met die Gemeente.
57. Beheerraadlede moet ten alle tye tydens hulle dienstydperk bona fide lede van die Gemeente wees en hulle aan die bepalings van die Belydenis van Geloof van hierdie Gemeente onderwerp.
58. Spesifieke Magte van die Beheerraad
59. Die Beheerraad van hierdie Gemeente is gemagtig om al sodanige magte uit te oefen wat omskryf is in hierdie konstitusie, en welke magte regtens toegelaat is.
60. Om die Doel en Doelstellings van die Gemeente te bevorder, kan die Beheerraad met die goedkeuring en bekragtiging van die meerderheid van lidmate van die Gemeente wat op ‘n Spesiale Gemeente vergadering saamgeroep word vir daardie doel, vaste eiendom, regte en voorregte daaraan gekoppel, aan te koop, te verkoop of andersins van die hand sit.
61. Om enige geregtelike stappe in te stel, te verdedig of te laat vaar en om die dienste van enige professionele persoon of persone te huur, wat redelikerwys nodig mag wees om sulke stappe namens hierdie Gemeente, onderhewig aan die voorwaardes van hierdie Konstitusie vervat is, in te stel of te verdedig.
Ouderligraad
62. Samestelling
63. Die lede van die Ouderlingraad sal saamgestel word uit lidmate van die Gemeente wat voldoen aan die voorskrifte van ‘n ouderling soos uiteengesit in die Bybel (1 Tim 3: 1 – 7) en soos saamgestel ooreenkomstig die bepalings van hierdie Konstitusie en sal bekend staan as die Ouderlingraad van hierdie Gemeente.
64. Die Ouderlingraad sal nie uit minder as 5 (vyf) lede bestaan nie.
65. Verantwoordelikhede
66. Die doel van die Ouderlingraad is om die Beheerraad by te staan in die bereiking van die doel en doelstellings, asook om die Beheerraad te ondersteun in die uitvoering van die voorskrifte soos vervat in hierdie Konstitusie, en ook om die Beheerraad te adviseer rakende verbandhoudende sake van hierdie Gemeente.
67. Die bestuur van alle bedienings van die Gemeente soos bepaal en toegeken deur die Beheerraad ooreenkomstig die bepalings van hierdie Konstitusie.
68. Aanstelling van Ouderlingraadslede
69. Die Beheerraad sal die name van die benodigde aantal ouderlingraadslede aan die Gemeente voorlê by ‘n spesiale vergadering wat vir daardie doel belê is voor/of na ‘n erediens en die Gemeente sal dan, met meerderheid van stemme, besluit welke ouderlinge verkiesbaar is. Die Beheerraad kan besluit op welke wyse die stemming gaan plaasvind.
70. Indien enige van die vakatures op die Ouderlingraad om watter rede ookal vakant word, dan sal die oorblywende Ouderlingraadslede as Ouderlingraad van die Gemeente funksioneer en indien nodig, kan ander lede tydelik gekoöpteer word tot die volgende Spesiale Beheerraad vergadering vir hierdie doel belê, om die vakature op die Ouderlingraad te vul ooreenkomstig die vereistes van hierdie Konstitusie van die Gemeente.
71. Die aanstelling van die Ouderlingraadslede sal amptelik op skrif aan hulle individueel bevestig word, vir ‘n periode van een jaar op die Ouderlingraad. Genoemde tydperke is egter onderhewig aan die skedulering en realisering van die Spesiale Beheerraadvergadering.
72. Die Ouderlingraad is self verantwoordelik vir die verkiesing van die Voorsitter van die Ouderlingraad, wat daarna bekragtig moet word deur die Beheerraad.
73. Ontheffing van Ouderlingraadslede
74. Indien daar enige redelike gronde van vermoede bestaan van deelneming in praktyke genoem in Gal 5: 19 – 21, onbekwaamheid, uiterste graad van onordelike wangedrag, insolvensie en/of mediese ongeskiktheid, of om welke rede ookal, sal die Beheerraad n Spesiale Beheerraad vergadering belê om die vermoede te ondersoek deur die volgende prosedure te volg;
75. Die betrokke Ouderling bly in sy amp funksioneer, of kan tydelik van sy amp onthef word tot die finale beslissing bereik en uitgebring word.
76. ‘n Spesiale Komitee sal binne 30 (dertig) kalenderdae saamgestel word deur die Beheerraad en sal bestaan uit verkose lede van die Ouderlingraad asook Lidmate van die Gemeente wat voldoen aan die Bybelse voorskrifte vir Ouderlinge (1 Tim 3: 1 – 7) en soos hierna bepaal, om die saak te ondersoek en getuienis aan te hoor. Alle bevindinge moet aan die Beheerraad voorgelê word vir bestudering om die finale beslissing uit te bring.
77. Die Spesiale Komitee sal as volg saamgestel word;
78. Die betrokke Ouderling en die Beheerraad benoem elk ‘n onpartydige komitee lid.
79. Die twee benoemde komiteelede benoem hierna ‘n derde onpartydige Komiteelid wat ook sal optree as Voorsitter van die Spesiale Komitee.
80. Die partye sal nie geregtig wees op regsverteenwoordiging nie.
81. Indien enige van die partye in gebreke sou bly om binne 30 (dertig) kalenderdae ‘n komiteelid aan te wys, kan die party wat n komiteelid benoem het, na 7 (sewe) dae skriftelike kennisgewing, aan die party wat in gebreke gebly het om ‘n komiteelid te benoem, ‘n komiteelid namens die party benoem.
82. Wanneer daar tydens die finalisering van die voorlegging van die Spesiale Komitee bevind word dat die betrokke Ouderling nie aan die voorskrifte, standaarde of pligte van hierdie amp voldoen nie, of onbevoeg of onwillig is om in hierdie amp te dien, kan die Beheerraad die betrokke Ouderling onthef van sy amp ooreenkomstig die voorskrifte,standaarde,pligte of enige kontrak of ooreenkoms aangegaan deur hom met die Gemeente.
83. Ouderlingraadslede moet ten alle tye tydens hulle dienstydperk bona fide lede van die Gemeente wees en hulle aan die bepalings van die Belydenis van Geloof van hierdie Gemeente onderwerp.
84. Spesifieke Magte
85. Die bestuur van alle bedienings in die Gemeente soos toegeken deur die Beheerraad.
86. Om op ‘n weeklikse basis verslag te doen aan die Beheerraad rakende die verskeie bedienings, van hierdie Gemeente, se vordering en behoeftes.
87. Om alle finansiële behoeftes binne ‘n individuele Bediening van die Gemeente soos volg te hanteer;
88. Bepaal wat die prioriteit van die behoefte is
89. Verkry 3(drie) kwotasies
90. Dien ‘n volledige finansiële versoek in by die Finansiële Raad
Finansiële raad
91. Samestelling
92. Die lede van die Finansiële Raad sal saamgestel word uit lidmate van die Gemeente wat voldoen aan die voorskrifte van ‘n ouderling soos uiteengesit in die Bybel (1 Tim 3: 1 – 7), ondervinding het in finansiële bestuur en soos saamgestel ooreenkomstig die bepalings van hierdie Konstitusie en sal bekend staan as die Finansiële Raad van hierdie Gemeente.
93. Die Finansiële Raad sal nie uit minder as 3 (drie) lede bestaan nie.
94. Aanstelling van Finansiële Raadslede
95. Die Finansiële Raadslede sal deur die Senior Pastoor genomineer en hulle aanstelling sal deur die Beheerraad bekragtig word op ‘n Spesiale Beheerraadvergadering wat vir die doel saamgeroep is. Die aanstelling moet voldoen aan al die vereistes van hierdie Konstitusie van die Gemeente.
96. Indien enige van die vakatures op die Finansiële Raad om watter rede ookal vakant word, sal die oorblywende Finansiële Raadslede as Finansiële Raad van die Gemeente funksioneer en indien nodig, kan ander lede tydelik gekoöpteer word tot die volgende Spesiale Beheerraadvergadering vir hierdie doel belê, om die vakature op die Finansiële Raad te vul ooreenkomstig die vereistes van hierdie Konstitusie.
97. Die aanstelling van die Finansiële Raadslede sal amptelik op skrif aan hulle individueel bevestig word, vir ‘n periode van een jaar op die Finansiële Raad. Genoemde tydperke is egter onderhewig aan die skedulering en realisering van die Spesiale Beheerraad- vergadering.
98. Die Lidmate van die Gemeente sal dan 14 (veertien) dae hê om die nominasie van ‘n Finansiële Raadslid te opponeer. Indien geen beswaar ingedien is nie sal die Finansieel Raadslid aangestel word in sy amp.
99. Ontheffing van Finansiële Raadslede
100. Indien daar enige redelike gronde van vermoede bestaan van deelneming in praktyke genoem in Gal 5: 19 – 21, onbekwaamheid, uiterste graad van onordelike wangedrag,insolvensie en/of mediese ongeskiktheid, of om welke rede ookal, sal die Beheer Raad ‘n Spesiale Beheer Raad Vergadering belê om die vermoede te ondersoek deur die volgende prosedure te volg;
101. Die betrokke Finansiële Raadslid bly in sy amp funksioneer, of kan tydelik van sy amp onthef word tot die finale beslissing bereik en uitgebring word.
102. ‘n Spesiale Komitee sal binne 30 (dertig) kalenderdae saamgestel word deur die Beheerraad en sal bestaan uit verkose lede van die Ouderlingraad asook Lidmate van die Gemeente wat voldoen aan die Bybelse voorskrifte vir Ouderlinge (1 Tim 3: 1 – 7) en soos hierna bepaal, om die saak te ondersoek en getuienis aan te hoor. Alle bevindinge moet aan die Beheerraad voorgelê word vir bestudering om die finale beslissing uit te bring.
103. Die Spesiale Komitee sal as volg saamgestel word;
104. Die betrokke Finansiële Raadslid en die Beheerraad benoem elk ‘n onpartydige komiteelid.
105. Die twee benoemde komiteelede benoem hierna ‘n derde onpartydige Komiteelid wat ook sal optree as Voorsitter van die Spesiale Komitee.
106. Die partye sal nie geregtig wees op regsverteenwoordiging nie.
107. Indien enige van die partye in gebreke sou bly om binne 30 (dertig) kalenderdae ‘n komiteelid aan te wys, kan die party wat n komiteelid benoem het, na 7 (sewe) dae skriftelike kennisgewing, aan die party wat in gebreke gebly het om ‘n komiteelid te benoem, ‘n komiteelid namens die party benoem.
108. Wanneer daar tydens die finalisering van die voorlegging van die Spesiale Komitee bevind word dat die betrokke Finansiële Raadslid nie aan die voorskrifte, standaarde of pligte van hierdie amp voldoen nie, of onbevoeg of onwillig is om in hierdie amp te dien, kan die Beheerraad die betrokke Finansiële Raadslid onthef van sy amp ooreenkomstig die voorskrifte,standaarde,pligte of enige kontrak of ooreenkoms aangegaan deur hom met die Gemeente.
109. Finansiële Raadslede moet ten alle tye tydens hulle dienstydperk bona fide lede van die Gemeente wees en hulle aan die bepalings van die Belydenis van Geloof van hierdie Gemeente onderwerp.
110. Spesifieke Magte
111. Om alle finansiële behoeftes van die Gemeente deeglik te ondersoek en daarna te motiveer aan die Beheerraad vir finale goedkeuring.
112. Om alle koste, onkoste en uitgawes, wat met die bevordering, stigting en werking van die Gemeente aangegaan word, insluitende die koste van advertensies, reiskoste, drukwerk, skryfbehoeftes, makelary, meubels en kantoor of ouditorium benodigdhede en deeglike asook salarisse en vergoeding aan amptenare en werknemers van die Gemeente, uit die Gemeentefonds te betaal.
113. Die Finansiële Raad sal op ‘n maandelikse basis terugvoering aan die Beheerraad verskaf met betrekking tot hulle toegekende verantwoordelikhede.
Vergaderings
114. Beheerraad vergaderings
115. Die Senior Pastoor tree op as voorsitter van die Beheerraadvergadering
116. In sy toevallige afwesigheid sal die Senior Pastoor ‘n waarnemende voorsitter benoem. Indien laasgenoemde om welke rede ookal nie realiseer nie, moet die Beheerraad ‘n waarnemende voorsitter vanuit die Beheerraad benoem vir die spesifieke vergadering.
117. Die Senior Pastoor sal uit hoofde van sy amp op die Beheerraad dien solank hy in die amp van Senior Pastoor funksioneer.
118. Die Beheerraad sal ten minste twee maal per maand vergader. Hierdie vergaderings kan geskuif of aangepas word soos deur die Beheerraad bepaal.
119. Algemene Jaarvergadering
120. Die Senior Pastoor sal optree as voorsitter van hierdie vergadering, behalwe as hy iemand anders aangestel het om as voorsitter op te tree.
121. Die Algemene Jaarvergadering sal plaasvind binne 6 (ses) maande na die einde van die finansiële jaar, sodra die geouditeerde jaarverslag beskikbaar is.
122. Geouditeerde Finansiële Jaarverslag sal beskikbaar wees aan die Lidmate van die Gemeente, twee weke voor die Algemene Jaarvergadering.
123. Ten minste 50% van die geregistreerde Lidmate van die Gemeente moet die Algemene Jaarvergadering bywoon om ‘n kworum te vorm.
124. Indien ‘n kworum van Lidmate nie teenwoordig is binne ‘n halfuur (30 minute) na die bestemde tyd vir die vergadering om ‘n aanvang te neem, sal die vergadering verdaag word na ‘n dag nie vroeër as 7 (sewe) dae en nie later as 21(een-en-twintig) dae na datum wat voorgestel was vir die vergadering. Lidmate teenwoordig – persoonlik of deur volmag, by so ‘n uitgestelde vergadering, sal ‘n kworum vorm.
125. Notule sal gehou word van die Algemene Jaarvergadering.
126. Elke Lidmaat van die Gemeente wat die Algemene Jaarvergadering bywoon sal geregtig wees op een stem.
127. Die datum van die Algemene Jaarvergadering word deur die Beheerraad bepaal en moet ten minste 30 (dertig) dae vooraf aan die Gemeente bekend gemaak word.
128. Alle besluite op die Algemene Jaarvergadering sal gedra en goedgekeur word deur ‘n meerderheid stem van Lidmate teenwoordig, en die Voorsitter sal altyd ‘n beslissende stem hê.
129. Spesiale Gemeente Vergadering
130. Spesiale Gemeente Vergaderings kan versoek word deur enige Lidmaat, maar word deur die Beheerraad goedgekeur. Die Beheerraad sal altyd die plek en tyd bepaal.
131. Die Senior Pastoor sal altyd as Voorsitter optree tensy hy iemand anders as voorsitter aanstel. Indien die Senior Pastoor die hoof agendapunt is van die vergadering, sal prosedure gevolg word soos uiteengesit in hierdie Konstitusie.
132. Elke Lidmaat wat hierdie vergadering bywoon sal geregtig wees op een stem.
133. Kworum sal saamgestel wees uit ten minste 25% van die geregistreerde Lidmate van die Gemeente wat kennis ontvang het om die vergadering by te woon.
134. Alle besluite op die Spesiale Gemeente Vergadering sal gedra en goedgekeur word deur ‘n meerderheidstem van Lidmate teenwoordig, en die Voorsitter sal altyd ‘n beslissende stem hê.
135. Kennisgewing van ‘n Spesiale Gemeente Vergadering moet alle belanghebbende partye, wat geregtig is om kennis te ontvang ooreenkomstig die Konstitusie, bereik ten minste 21 (een-en-twintig) dae voor die vergaderings datum.
Skadeloosstelling van Beheerraadlede en Werknemers
Elke lid van die Beheerraad of ‘n werknemer van die Gemeente kan na goeddunke van die Beheer raad, deur die Gemeente skadeloos gestel word teen uitgawes wat werklik, noodsaaklikerwys en redelikerwys deur sodanige persoon aangegaan is voortspruitend uit die verdediging van enige aksie, saak of verrigting waarin sodanige persoon ‘n party gemaak is, met die verstande dat;
- Sodanige aksie, saak of verrigting voortspruit uit die bestek en binne die omvang van sodanige persoon se diens by die Gemeente en in die uitvoering van sodanige persoon se dienskontrak.
- Sodanige aksie, saak of verrigting nie uit nalatigheid of wangedrag aan die kant van sodanige persoon voortspruit nie.
Vergoeding van Beheerraadlede
Beheerraad sal nie vergoeding ontvang vir dienste gelewer in hul hoedanigheid as Beheerraad lede nie. Die Beheerraad kan egter enige vergoeding vir uitgawes wat werklik en redelikerwys aangegaan is, in hulle hoedanigheid as Beheerraad lede tydens uitoefening van pligte vir en namens die Gemeente, aan enige lid van die Beheerraad terugbetaal.
Die Beheerraadlede is nie geregtig op enige vorm van vergoeding wat verband hou met die netto verdienste van die Gemeente as dividend nie. Die Beheerraadlede het ook geen persoonlike of saaklike regte in en op enige bates van die Gemeente nie en het derhalwe geen aanspraak op enige gedeelte daarvan by ontbinding of te enige ander tyd nie.
Rekenpligtige
Die Beheerraad stel ‘n Rekenpligtige aan en voorsien sodanige persoon met sodanige inligting en instruksies in verband met sy taak soos wat die Beheerraad nodig mag ag teen ‘n regverdige en redelike vergoeding, soos ooreengekom deur albei partye.
Die Beheerraad kan op sodanige bepalinge en voorwaardes soos hy goed ag, ‘n persoon of persone aanstel om die Rekenpligtige in sy taak by te staan.
Indien nodig geag en verlang word deur die Beheerraad, voorsien die Rekenpligtige en sy assistente, indien enige, hierdie Gemeente van ‘n Borgakte van sodanige bedrag en met sodanige waarborg of waarborge soos wat die Beheerraad bevredig, vir die getroue uitvoering van hulle ampte en vir, in die geval dat die Rekenpligtige en sy assistente onwillig is of nie in staat is nie, om watter rede ook al, te handel, vir die teruggawe van alle boeke, dokumente, bewysstukke, geld en ander eiendom van watter aard ook al wat in die besit van die Rekenpligtige en sy assistent is en wat aan hierdie Gemeente behoort, aan hierdie Gemeente.
Administrasie
136. Rekeningkundige en administratiewe rekords
Die Finansiële Raad sal behoorlike rekeningkundige en administratiewe rekords hou met betrekking tot onder andere die volgende:
137. Alle bedrae geld wat deur die Gemeente ontvang en bestee word en alle verband-houdende sake.
138. Alle aankope en verkope, sowel as alle ontvangste en toevallings, hetsy afkomstig van toekennings, beleggings, erflatings of skenkings van die Gemeente.
139. Alle bates en laste van die Gemeente.
140. Bewaring
Die boeke en rekeninge moet in bewaring van die verantwoordelike persoon of persone by die Gemeente se kantore, of op enige ander plek wat die Beheerraad van tyd tot tyd kan aanwys, gehou word.
141. Toegang
Die lede van die Beheerraad het te alle tye toegang tot die boeke en rekeninge van die Gemeente en is geregtig om laasgenoemde te ondersoek nadat reeds vooraf kennisgewing gegee is aan die verantwoordelike persoon of persone.
Vereistes deur die kommissaris van
binnelandse sake
Inleiding
Ten einde nie die status van belastingvrystelling te beïnvloed nie, moet die volgende vereistes soos neergelê deur die Kommissaris van Binnelandse Inkomste, nagekom word deur die plaaslike Gemeente en/of Bediening. Hierdie vereistes kan nie verander word sonder die voorafgaande skriftelike toestemming van die Kommissaris van Binnelandse Inkomste nie.
Finansiële beheer
Die Finansiële Beheer van die Gemeente berus by die Beheerraad, ‘n liggaam bestaande uit ‘n minimum van vier lede wat behoorlik saamgestel is soos in hierdie Konstitusie bepaal.
Die gade van die Senior Pastoor is nie ‘n lid van die Finansiële Beheerraad nie, en het derhalwe geen ondertekening magte nie.
Finansiële State sal beskikbaar gestel word vir insae aan lidmate op aanvraag en per afspraak met die Senior Pastoor en Rekenpligtige.
Vergoeding
Die Beheerraadlede, pastore, amptenare, werknemers en/of hulle naasbestaandes mag nie enige voordeel van die fondse of inkomste van die Gemeente verkry nie anders as dit waarop daar vroeër deur die Beheerraad besluit is insluitende die normale salarisse betaalbaar ten op sigte van dienste gelewer.
Gemeente eiendom
Alle eiendom wat die Gemeente mag bekom, hetsy roerend of ontroerend, sal gehou en geadministreer word alleenlik vir die bevordering van die Gemeente se missie, doelstellings en beginsels.
Die Gemeente sal ook nie geregtig wees om enige transaksie aan te gaan met die doel om te spekuleer nie.
Die webtuiste in sy totaliteit, is die eiendom van die Gemeente en sal geadministreer word deur deur ‘n persoon / persone soos bepaal deur die Beheerraad.
Registrasie van onroerende eiendom
Alle vaste eiendom sowel as ander registreerbare bates deur wetgewing vereis en wat hierna deur die Gemeente verkry word, sal in die naam van die Gemeente geregistreer word.
Kennisgewings
Enige kennisgewing wat skriftelik ingevolge hierdie Konstitusie gegee moet word, word as gegee geag indien en wanneer sodanige kennisgewing gepos is en na 48 uur van sodanige ter pos besorging, aan die laaste posadres op rekord in die boeke van die Gemeente. Sodanige kennisgewing kan ook persoonlik aan ‘n lidmaat oorhandig word.
Verandering van woon- en posadres moet deur alle Lidmate op skrif aan die Gemeente voorsien word vir aanpassing van die Gemeente se rekords.
Betalings en ontvangste
Alle tjeks, beloftes, wissels, sowel as enige ander verhandelbare dokumente en alle ontvangste van gelde betaal aan die Gemeente, sal geteken, getrek, geaksepteer, geëndosseer of andersins uitgevoer word, soos die geval mag wees op sodanige wyse soos die Beheerraad van tyd tot tyd bepaal.
Finansiële jaarstate
Die Rekenpligtige sal jaarliks op ‘n datum wat deur die Beheerraad vasgestel is, behoorlike Finansiële State voorlê. Sodanige State moet behoorlik geouditeer wees en alle besonderhede bevat wat wetlik vereis word vir voorlegging tydens die Algemene Gemeente Jaarvergadering.
‘n Afskrif van die Finansiële State sal gratis beskikbaar gestel word aan die Beheerraadlede vir hulle insae. Die Beheerraad kan besluit ooreenkomstig hulle uitsluitlike diskressie, om ‘n fooi te hef vir afskrifte wat aangevra word deur Lidmate.
Die Finansiële State van die Gemeente moet beskikbaar wees aan die Gemeentelede twee weke voor die beoogde Algemene Gemeente Jaarvergadering vir besigtiging.
142. Die Finansiële State moet opgestel word deur ‘n persoon met ‘n deeglike kennis van boekhouding.
Finansiële jaareinde
Die Gemeente se Finansiële Jaareinde sal die einde van Februarie van elke jaar wees.
Beperking van aktiwiteite
In die Gemeente se strewe om sy missie te vervul, mag die Gemeente nie meer as R5000-00 per jaar gebruik buite die grense van die Republiek van Suid Afrika, insluitend die gebiede wat voorheen deel gevorm het van die Republiek van Suid Afrika, sonder die vooraf geskrewe toestemming van die Kommissaris van Binnelandse Inkomste nie.
Handel
Die plaaslike Gemeente sal toegelaat word om godsdienstige materiaal op sy perseel te verkoop as ‘n diens aan lidmate en geleentheidsbesoekers binne die raamwerk van belastingvrystelling.
Waar die Gemeente en/of bediening boeke, oudio- of videobande of soortgelyke goedere verkoop vanaf ‘n verkooppunt by ‘n kommersiële besigheidssentrum, sal so ‘n verkooppunt geag word as ‘n aparte waarlike entiteit en kan derhalwe belasbaar word.
Spandering en/of toedeling van die netto inkomste
Ten minste 75% (vyf-en-sewentig persent) van die netto inkomste van die Gemeente sal aangewend word om die doelstellings van die Gemeente te bereik binne ‘n periode van twaalf maande van die einde van die Gemeente se finansiële jaareinde waarin dit opgeloop het, tensy spesiale toestemming verkry is van die Kommissaris van Binnelandse Inkomste vir spesiale doelstellings en/of projekte.